Warren Beatty

Warren Beatty
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Beatty in 2001

Geboortenaam Henry Warren Beaty
Geboorte 30 Maart 1937 (1937-03-30)
Richmond, Virginië, Verenigde State
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1956-tans

Henry Warren Beaty (gebore op 30 Maart 1937), bekend as Warren Beatty, is ’n Amerikaanse akteur, rolprentvervaardiger, draaiboekskrywer en regisseur en die broer van die aktrise Shirley MacLaine. Hy is 14 keer vir ’n Oscar benoem – vier keer vir beste akteur, vier keer vir beste prent, twee keer vir beste regisseur, drie keer vir beste oorspronklike draaiboek en een keer vir aangepaste draaiboek. Hy het dit in 1982 gewen vir beste regisseur vir Reds. Beatty is net die tweede mens wat al benoem is vir akteur, regisseur, draaiboek en vervaardiger vir dieselfde prent – die eerste keer vir Heaven Can Wait (1978) en weer vir Reds. Die ander pesroon was Orson Welles vir Citizen Kane (1941).

In 1999 het hy die Akademie se hoogste prys, die Irving G. Thalberg-gedenkprys, ontvang. Beatty is ook al vir 18 Golden Globes benoem, waarvan hy ses gewen het, insluitende die Cecil B. DeMille-prys in 2007.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy